Update Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Die N2 tussen Riversdal en Albertinia is nou voorlopig eers vir alle verkeer gesluit terwyl die vragmotor wat dwars oor die pad lê, verwyder kan word.
Die vragmotor het vroeg vanoggend omgeslaan.
Die vragmotor het blykbaar vlambare materiaal bevat en alle veiligheidsmaatreëls moet toegepas word.
Hazmat het reeds die inhoud van die trok verwyder.
Dit is nie seker hoe lank dit sal duur om die vragmotor uit die pad te kry nie.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel hier: Ongeluk op N2
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'