MOLTENO NUUS - HALFPAD padstal op Molteno het laatmiddag 'n Kersete vir die plaaslike Sekuriteitsmaatskappy-personeel aangebied.
MAGMA dra dié gemeenskap en omliggende gemeenskappe se veiligheid op die hart.
Hierdie ete is as erkenning voorberei deur Pieter en Elize van der Merwe van HALFPAD om erkenning te gee aan die manne wat 24 uur elke dag beskikbaar is.
Wat 'n wonderlike navolgenswaardige Kersgebaar uit hierdie klein gemeenskappie.
Links na regs: NN Mgiya, L Mauba, S Mageja, B Nojolko, AP Shange
'Ons bring jou die nuutste Molteno, Karoo nuus'