Gallery Update Video
GRAAFF-REINET NUUS & VIDEOS - Die meerderheid inwoners van Riemvasmaak tot by Kroonvale en Mandelapark het weer krag in die huis.
Ongeveer 400 optoggangers het Woensdag 11 Maart van Kroonvale na Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit se tesouriekantore gestap om 'n memorandum oor dienslewering aan burgemeester Deon de Vos te oorhandig.
Bo-aan die eise was die onmiddellike en onvoorwaardelike herstel van kragvoorsiening aan diegene met agterstallige dienstegelde. Met die oorhandiging van die memorandum deur verteenwoordiger Sias Smith, het die optoggangers geweier om uiteen te gaan, mits hul kragtoevoer nie eers herstel is nie.
Smith en die komitee het die ontevrede inwoners kalmeer en onderneem dat die komitee verder met die munisipaliteit sal onderhandel. Hierdie onderhandelinge het vrugte afgewerp en Donderdagoggend het die munisipaliteit begin om die krag weer aan te skakel. Smith het gesê die inwoners het die krag as 'Manna uit die Hemel' beskryf.
Dit is nog onduidelik of al die opgeskorte kragtoevoer herstel is.
Mense het gesing en gedans tydens die optog.
Fotogalery: Optoggangers eis beter dienslewering
Smith en optoggangers het dit tydens die optog duidelik gemaak dat hulle nie gelukkig is met De Vos as burgermeester nie. Hulle is ook ontevrede oor senior aanstellings soos die van Waarnemende Direkteur van Finansies, Delphine Thorne en eis dat plaaslike kundiges aangestel word.
Kyk video's hieronder:
Optog eis aksie
Die afskryf van uitermatige hoë waterrekeninge is geëis, en foutiewe watermeters is as die grootste oorsaak van verdagte hoë rekeninge voorgehou. Gemeenskappe van Riemvasmaak, Blikkiesdorp en Vrygrond word as vergete beskryf en aan hul eie genade oorgelaat. Hulle eis hulle "grondwetlike reg" op behuising, water, sanitasie en elektrisiteit.
Vullisverwydering, onderhoud van strate en doeltreffende kommunikasie het ook onder skoot gekom. "Onprofessionele" amptenare moet op kliëntediens-kursusse gestuur word en 'n platvorm om die werkloosheidskrisis aan te spreek, moet geskep word.
Die samesmelting met die Ikwesi en Baviaans-munisipaliteite staan hulle ook geensins aan nie. Dit moet hersien word, met die oog daarop om Graaff-Reinet, Aberdeen en Nieu-Bethesda weer alleeen as munisipaliteit te laat funksioneer.
De Vos het die memorandum onderteken en onderneem om binne sewe dae terugvoer aan die aksiekomitee te gee.
Optoggangers oppad na die tesouriegebou.
In short
About 400 protesters from Riemvasmaak, Kroonvale and Mandelpark marched to the Dr Beyers Naudé Treasury office on Wednesday 11 March, to submit a memorandum with their service delivery claims to Mayor Deon de Vos.
Their demands included the immediate strike of electricity blocking for overdue service charges, which was adhered to by the municipality on Thursday morning. It is unclear at this stage if all suspended power supply has been restored. The protesters made it clear that they are unhappy with De Vos as mayor, as well as with the appointment of senior officials from other towns, while local expertise are seemingly ignored.
The memorandum also stated that communities from Riemvasmaak, Blikkiesdorp and Vrygrond are forgotten, and have the right to proper housing, water, sanitation and electricity. Among other things, the group demanded professional communication from the municipality, the write-off of high water bills, and a working refuse removal system.
The group also expressed worry about the merger of the Ikwesi and Baviaans municipalites, and say that Graaff-Reinet, Aberdeen and Nieu-Bethesda should function as a separate, local municipality.
De Vos signed the memorandum and promised to provide feedback to the action committee within seven days.
Neville van Rooy (Support for land change) by die wegtrekpunt van die optog.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'