KAROO NUUS - Gedurende Operasie Paseka oor die Paasnaweek in die Chris Hani-distrik is 3 714 voertuie afgetrek en deursoek, terwyl 3 076 mense deursoek is.
Boetes ter waarde van R290 800 vir verskeie oortredings is uitgereik.
Twee verdagtes is gearresteer vir die besit van gesteelde eiendom, waaronder ‘n tv, klerasie, ‘n skootrekenaar, skoene en ‘n tuisteaterstelsel met luidsprekers.
Twee arrrestasies is ook gemaak vir die onwettige besit van dagga en dwelms en kontant is ook gekonfiskeer. ‘n Groot hoeveelheid drank is ook gekonfiskeer en talle boetes is aan drankverskaffers uitgereik. Daar is ook beslag gelê op ‘n vuurwapen en ammunisie.
Kommissaris van die Chris Hani Distrik, Majoor Generaal Rudolph Adolph het sy lede bedank vir hul harde werk en opofferings oor die laaste klompie dae en nagte.
Hy het gesê hulle het verseker dat inwoners in sy area veilig kon slaap, en dat elke inwoner die teenwoordigheid van die SAPD kon beleef in hul onmiddellike omgewing.
Samewerking tussen Saps en verkeer het arrestasies vergemaklik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’