KAROO NUUS - Die jaarlikse Opening of the Season-jagkompetisie het op 2 en 3 Junie in Jansenville plaasgevind.
Die organiseerders David en Stephen Kinghorn het soos altyd een doel voor oë met hierdie kompetisie - om geld vir verskeie behoeftige organisasies in Graaff-Reinet in te samel.
Hierdie jaar is Huis Van de Graaff en Vuyani Safe Haven geïdentifiseer, en die Opening of the Season-span het op 24 Augustus die organisasies besoek om die skenkings te oorhandig.
Riana van der Ahee, verantwoordelik vir openbare betrekkinge en bemarking by Vuyani Safe Haven, sê dat hulle glad nie so 'n groot bedrag geld verwag het nie en dat hulle dit vir elektrisiteit aangewend het.
Deelnemers wat meer oor volgende jaar se Opening of the Season-kompetisie op 31 Mei en 1 Junie wil uitvind, kan die organiseerders David Kinghorn by 082 577 9073 of Stephen Kinghorn by 082 775 2330 skakel.
Nap Erasmus (medeorganiseerder van Opening of the Season), David Kinghorn (medestigter van Opening of the Season) en Antoinette Oosthuizen (bestuurder van Huis Van de Graaff).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’