MOLTENO NUUS - Vermaak Merino's van Molteno het verlede week 'n suksesvolle ram ope dag aangebied op hul plaas Skaapheuwel in die Molteno-distrik.
"Ek en my vriend, Duncan Currie van die Lindisfarne Dormer Stoet op Cathcart, het saamgespan om die ope dag te reël," sê Jared Vermaak. "Ons wou graag alle telers uitnooi om te kom kyk wat ons bied."
Jared se vrou, Sarita, en haar helpers het reggestaan met die eetgoed, en sowat 30 boere, sommige van sover as Bedford, het opgedaag.
Na 'n nat week, was almal dankbaar om die sonnige dag in die buitelug deur te bring en die ramme het groot aftrek geniet. Beide Vermaak en Currie verkoop hul ramme aan telers van hul plase af, en kan enige tyd gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Molteno, Karoo nuus'