GRAAFF-REINET NUUS - Arné Oosthuizen (11) het onlangs sy praktiese gevegkunseksamens afgelê en sy geel belt in die Oosterse-gevegskuns verwerf, die jongman is ook in die OP-span opgeneem wat 7 en 8 Oktober in Stellenbosch gaan deelneem.
Volgens Antoinette Oosthuizen het Arné erg onder boelies deurgeloop en gereeld met beserings by die huis opgedaag.
Sy vertel dat hy haar gesoebat het om by die plaaslike gevegkunsklub in Graaff-Reinet, Raptors Martial Arts Club, te kon aansluit. "Op 12 April het hy vir die eerste keer die klub besoek en dit het letterlik sy hele lewe positief beïnvloed, vertel sy."
Arné staan nie terug wanneer daar geveg moet word nie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’