GRAAFF-REINET NUUS - Komende Donderdag vertel Klaas Niemandt vir Alex Lombaard meer oor die vrou in elke granaat. Hier is solank ‘n lusmakertjie.
“Die enigste ding waarvoor jy moet ligloop, is die mors van die sap. ‘n Granaat se sap vlek jou hemp sommer lelik, hoor. "
"En dan moet jy ‘n mes se metaal weghou van die sap af, anders loop jy vir dae rond met gevlekte hande. Maak ‘n granaat seer dat die sap loop, dan kan jy maar weet jy sal iewers sit met ‘n vlek wat nie sommer verdwyn nie. En dis hoekom man-man sy eie plan moet hê – jou granaat, jou plan, jou manier. JY mors die pitte stukkend dat die sap spat, JY sit met die vlekke. Selfde met ‘n vrou: skend haar eer, stel haar teleur, maak haar seer en kyk maar wat gebeur.”
Onthou om Donderdag jou Graaff-Reinet Advertiser te koop vir Oom Klaas se wyshede, sport, lekkerlees rubrieke, en nog baie meer!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’