Gallery
GRAAFF-REINET — Die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit het begin met die eerste hersiening van hul nuwe Geïntegreerde Ontwikkelingsplan.
Die Raad se 2017 – 2022 GOP (IDP) moet jaarliks hersien word, en as deel van die Munisipaliteit se onderneming om gemeenskappe te betrek en ingelig te hou, het ‘n openbare deelname program voorverlede week afgeskop, met die doel om alle Wyke die geleentheid te bied om die situasie in hul areas te her-evalueer en hul Wyk se Ontwikkelingsprioriteite te hersien.
Wyksraadslede lei die program as deel van hul gewone gemeenskapsvergaderings, en die item wat handel oor die Ontwikkelingsprioriteite word deur ‘n GOP amptenaar gefasiliteer.
Verskeie Wyke se vergaderings is reeds gehou, met goeie opkoms en deelname in meeste.
GOP Bestuurder Leonie Fouché het terugvoering gegee oor die status van die Wyke se Ontwikkelingsprioriteite, en het ook aan die gemeenskappe verduidelik dat die nuwe Dr Beyers Naudé Munisipaliteit nog sukkel om behoorlik op sy voete te kom; dat daar geweldig baie uitdagings is wat die aanspreek van die prioriteite sal beïnvloed.
So sal die Munisipaliteit elke jaar vir die volgende drie jaar die prioriteite monitor en vordering evalueer, en dan terugvoer gee aan die gemeenskappe. Die Munisipaliteit en Staatsdepartemente het die verantwoordelikheid om projekte of programme van stapel te stuur wat die kwessies wat verlede jaar in die onderskeie Wyke as Ontwikkelingsprioriteite geïdentifiseer is, aan te spreek.
Ongelukkig kniehalter beperkte begrotings en ‘n tekort aan ander hulpbronne die implementering van kapitale projekte, maar die Munisipaliteit probeer hard om die nodige fondse en ander ondersteuning te bekom.
Hierdie week is Wyke 2, 4, 9 en 11 aan die beurt, met Wyke 8 (wat die Baviaanskloof insluit) 10, 12 en 13 tydens die tweede helfde van September.
Die algemene publiek, sowel as staatsdepartemente, word uitgenooi en aangemoedig om hierdie vergaderings by te woon, deel te neem aan die besprekings en hul bydraes te lewer. Wykskomitees wat onlangs gestig is, is deel van hierdie belangrike proses. Hou asseblief die Advertiser en die munisipaliteit se Facebook-blad dop vir afkondiging van vergaderings, of kontak u Wyksraadslid vir meer besonderhede.
IDP reviewed
Dr Beyers Naudé Municipality has embarked on the first review of its new Integrated Development Plan.
Council’s 2017 to 2022 IDP must be subjected to an annual review and, as part of the Municipality’s undertaking to keep communities involved and informed, has commenced with a public participation programme that provides opportunity for all Wards to re-assess their situation and also to review their Ward Development Priorities.
The programme is led by Ward Councillors as part of their regular community meetings and the item dealing with the Development Priorities is facilitated by an IDP Official.
Community Meetings are being held in Wards 2, 4, 9 and 11 this week, followed by Wards 8 (which includes the Baviaanskloof), 10, 12 and 13 during the latter half of September. The general public, as well as government departments, are hereby invited and encouraged to attend these meetings, participate in the discussions and make their contributions. Recently established Ward Committees are part of this important process.
'We bring you the latest Karoo news'