CRADOCK NUUS - Cradock Hoërskool spog met ‘n slaagsyfer van 98,2% met 107 van die 109 matrieks van 2023 wat geslaag het.
Jandré du Toit is tops
Jandré du Toit is Cradock Hoërskool se topmatrikulant met ‘n gemiddelde van 81.3%.
Jandré gaan meganiese ingenieurswese by Universiteit van Stellenbosch studeer en noem trots dat hy aanvaar is deur die koshuis, Dagbreek. Hy sien baie uit na die toekoms maar weet alles verg harde werk. Hy bedank Cradock Hoërskool vir hul bydra tot sy akademiese sukses.
LO 82%
Eng FAL 81%
Wiskunde 85%
Fisiese Wetenskappe 82%
Rekeningkunde 85%
Ingenieursgrafika en -Ontwerp 86%
Jessica Bosman takes silver
With an average matric mark of 76,7%, Jessica Bosman secured second spot in the school’s 2023 matric rankings.
Her plans for the future is to pursue her passion at Rhodes University doing a BA in Social Science. Her ultimate dream is to work with less fortunate children all around the world. She credits her love of learning for her achievements.
LO 76%
Afr EAT 79%
Eng HL 77%
Life Sciences 76%
Geography 77%
Computer Applications Technology 78%
Isabel Barkhuysen in topdrie
Isabel Barkhuysen het met 76.6% die derde plek ingepalm en is oppad na die Universiteit van die Wes-kaap om as ‘n naturopatiese dokter te kwalifiseer. Haar vooruitsigte is om haar kursus binne vyf jaar te voltooi en daarna strewe sy om oorsee te gaan om die wêreld te verken. Daarna sal sy mense begin dokter.
LO 77%
Afr HT 75%
Eng FAL 79%
Wiskunde 75%
Life Sciences 81%
Aardrykskunde 80%
Jaco Slabbert in trotse vierde plek
Jaco Slabbert is vierde met 76.4% en net soos Jandré du Toit oppad na US om meganiese ingenieurswese te studeer. Hy is baie opgewonde om te sien wat die volgende vier jaar inhou.
Afr HT 76%
Eng FAL 86%
Wiskunde 75%
Rekeningkunde 80%
Ingenieursgrafika en -Ontwerp 78%
Topleerder met 6 A's by CHS is Jandré du Toit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’