MIDDELBURG NUUS - Die diereskuiling hier is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat fokus op 'n menigde hawelose en verwaarloosde katte en honde.
Marietjie van Rooyen, stigter van die Middelburg-diereskuiling, kwel haar nie net oor die tekort aan fondse nie, maar die toename in diere wat mishandel word.
"Ek was vasberade om 'n verskil te maak in die lewens van mishandelde, alleenlopende diere wat ek op straat sien, en besef dat daar dringend 'n behoefte vir 'n diereskuiling is," sê Marietjie.
Die liefdadigheidswinkel is addisioneel deur Van Rooyen gestig met die intensie om bykomende finansiële hulp aan die diereskuiling te bied.
Die winkel verkoop ondermeer dierebedjies en tweedehandse artikels.
"My mikpunt is dat die winkel se wins die diere se inentings, sterilasies en veeartsrekeninge kan help dek," verduidelik sy.
Daar is tans 74 honde en 39 katte wat versorging en aandag benodig.
Mooimaak
Shandrê van Houten, eienaar van Precision Beauty, 'n skoonheidsalon in Middelburg, het 'n projek geloods om die diereskuiling te ondersteun.
Enige een kan 'n lootjie bekom deur 8kg katkos, 10kg hondekos of 30kg katsand te skenk. 'n Koopbewys ter waarde van enige van die drie items kan ook gekoop word. Die items moet voor 16 Junie by die salon afgelewer word. Die trekking sal op 17 Junie gedoen word en die skenkings sal aan die skuiling oorhandig word.
Die eerste prys wat gewen kan word is 'n Bio Sculpture-naelbehandeling, die twee prys is 'n Hey Gorgeous Superfood-gesigbehandeling, en die derde prys is 'n manikuur en wenkbrou-waks-en-kleur.
Vir meer inligting skakel Van Houten by 078 422 7572.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'