GRAAFF-REINET NUUS — Graaff-Reinet en omtrek is beslis 'n baie gewilde jagbestemming as wildverskeidenheid en waarde vir geld in ag geneem word.
Frikkie Rossouw van die Oos-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme in Graaff-Reinet meld dat hy die pas afgelope paar weke gereelde navrae rondom dié jaar (2018) se jagseisoen gekry het.
Volgens Rossouw volg dit na jagters op die jaar se April-gekkedag vir die gek gehou is deur ‘n bedrieglike boodskap wat die ronde op WhatsApp gemaak het dat dié jaar se jagseisoen – in spesifiek vir koedoe – gesluit is.
Volgens Rossouw is die 2018-jagproklomasie (wat jag in die Oos Kaap Provinise reguleer) nog nie in die staatskoerant gepubliseer nie so die 2017-proklomasie is nog steeds geldig.
“Ons is egter positief dat dit binnekort gepubliseer sal word,” sê Rossouw.
“Neem egter kennis dat in die afwesigheid van die 2018-proklomasie is die Steytlerville-jagseisoen gesluit volgens die 2017 proklomasie, “ voer Rossouw aan.
Indien die 2018-proklomasie voor die komende jagseisoen gepubliseer word, sal ‘n voorgestelde seisoen vir Steytlerville van toepassing wees wat van 1 Junie tot 31 Julie strek met ‘n daaglikse jagbuit van een bul per 250 ha.
Jansenville se jagsseisoen is verkort vanaf 1 Junie tot 31 Julie met jagters wat in Junie net bulle mag jag en in Julie bulle en koeie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'