HOFMEYR NUUS - Die inwoners van Hofmeyr stap op 'n daaglikse basis verby die ou gebou op Hofmeyr, wat vroeër jare die Victoria Hotel was. Dit was selfs op 'n stadium die eiendom van die NG Kerk in die dorp. Later het die eiendom die Karoobos Lodge geheet, en is goed deur toeriste ondersteun.
"Ons wag met afwagting om te sien hoe die eindproduk gaan lyk," vertel Rhyn Kruger, wat op Hofmeyr afgetree het.
Die nuwe eienaar, Kippie Louw, se planne is ernstig gekortwiek deur die maande lange grendeltyd, maar sedert die bouers weer kan werk, is dit duidelik dat daar groot dinge gebeur agter die tydelike draadheinings wat rondom die gebou gespan is.
Op talle ou foto's van Hofmeyr, is die hotel 'n middelpunt, aan die bokant van die dorpsplein. Daarvolgens was dit duidelik dat die hotel die oornagplek was vir talle reisigers, hetsy hulle met 'n vrag wol Port Elizabeth toe gereis het en of hul vir veilings en skougeleenthede op Hofmeyr oornag het.
Hoe opwindend vir 'n plattelandse nedersetting soos Hofmeyr om steeds uit te sien na 'n nuwe hotel.
Die sy-aansig waar veranderinge duidelik sigbaar is. Foto's: Rhyn Kruger
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'