GRAAFF-REINET NUUS - Jack van Niekerk is sedert middel Maart aan die stuur van sake by die Graaff-Reinet Toerismekantoor.
Van Niekerk en sy vrou, Karlien het onlangs van Clarens in die Oos-Vrystaat na Graaff-Reinet verhuis en is hulle nuwe tuisdorp se natuurskoon en vriendelike mense die grootste trekpleisters wat hulle hierheen gelok het.
Sy bemarkingsrol by Graaff-Reinet Toerisme behoort hom gou ingeburger te laat voel aangesien dit die reël van funksies, besoeke aan lede asook die antwoord van enige navrae van Jan Publiek, en dus skakeling met heelwat plaaslike mense, insluit.
Van Niekerk se passie was nog altyd toerisme en sy missie vir dié jaar is om mense opgewonde te maak oor toerisme in die Graaff-Reinet-omgewing.
Van Niekerk sê as mense inligting soek oor toekomstige plaaslike gebeurtenisse of wil uitvind oor interresante plekke om te besoek, kan hulle hom skakel by 049 892 4248.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'