GRAAFF-REINET NUUS - Groot opgewondenheid het onlangs by Hoër Volkskool geheers toe die ATKV-Jeugtak die ATKV-bestuur vir die jaar aankondig het.
Hulle beplan reeds 'n hele paar opwin-dende projekte waar daar voortgebou gaan word op die ATKV se doelwitte om Afrikaans as Moedertaal te bevorder.
Jaco Spies, ATKV-streekbestuur Oos-Kaap, sê dat hy daarna uitsien om te sien wat ATKV-jeugtak Volksmond hierdie jaar gaan vermag.
"Onder leiding van tak-voog, Claressa Faber, is ek van mening dat hierdie tak van krag to krag gaan groei. Die jeug het innoverende planne en idees hoe om hulle gemeenskap te verbeter," sê Spies.
Voor, van links is Venique Meyer, Jordan Casling, Marlie Nel (voorstitter) en Voshenique Meyer. Agter: Bianca Swart, Jozelle Calitz (ondervoorsitter), Lara Vosloo en Tiana Theron.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’