KAROO NUUS - Op Saterdag 6 Januarie het vier vriendinne wat in 1972 gematrikuleer het, mekaar toevallig by 'n kinderpartytjie raakgeloop.
Die lewenslange vriendinne het die dag gebruik om heerlik saam te kuier en ou herinneringe oor skoolstories te deel.
Hoewel hulle in dieselfde jaar matriek geskryf het, was hulle nie in dieselfde skool nie.
Die vrolike verjaarsdagviering was dié van Numeri, die vyfjarige dogtertjie van van Marieka Bekker van Lady Grey, en die partytjie het in Jeffreysbaai plaasgevind.
Numeri se ouma, Benonita Jordaan, was heel verbaas toe Eswil Janse van Rensburg, Isobel Neethling en Des Conradie by haar kleindogter se partytjie opdaag.
Jordaan vertel dat hulle al van kindsbeen af vriendinne is en 'n hegte vriendskapsband is oor die jare behou.
Janse van Rensburg en Jordaan bly albei in Jeffreysbaai, Conradie in Port Elizabeth en Neethling in die Kaap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’