GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Verwoestende brand in Graaff-Reinet op Oukersaand (24 Desember) kort voor middernag, het die inwoners, waaronder talle kinders, huis- en besittingloos gelaat.
Die brand het glo in ‘n buitekamer in Langstraat uitgebreek en versprei na die bure se buitekamers.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar die polisie ondersoek die saak. Volgens een van die slagoffers slaap sowat 15 mense nou noodgedwonge “soos sardientjies” in ‘n tweekamerstruktuur.
Wyk 14 raadslid, Joy Williams van die DA, doen ‘n beroep op inwoners om dringend hulp aan die mense te verleen.
“Hulle het alles verloor. Die nood is groot. Komberse, kussings, klere, kos… enigiets sal help.
"Kontak my asseblief by 071 335 7942 om donasies te maak. Ons sal enige hulp op prys stel.”
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Om hulp te verleen, kontak raadslid Joy Williams by 071 335 7942.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'