GRAAFF-REINET NUUS – Ná talle soortgelyke ongelukke op die N9 na Middelburg die afgelope paar maande, het nóg ‘n vragmotor buite Graaff-Reinet op dié stuk pad omgeslaan.
‘n Plaaslike raadslid, Linda Botha, en die munisipaliteit se GOP-bestuurder Leonie Fouché, het op dié toneel afgekom terwyl hul onderweg was na Nieu-Bethesda gistermiddag, 12 September, vir ‘n gemeenskapsvergadering.
Na wat vasgestel kon word, is niemand ernstig beseer in die ongeluk nie.
‘n Vragmotor buite Graaff-Reinet wat omgeslaan het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'