NIEU-BETHESDA NUUS - Die kontaknommer wat verlede week in die artikel oor The Stone Folk-beelde vir die Nieu-Bethesda Toerismeburo verskaf is, was verkeerd.
Die toerismeburo se nuwe webtuiste is byna klaar en alle navrae oor toerismeaantreklikhede in die dorp sal via die webtuiste gerig kan word.
Die Advertiser sal volledig daaroor berig sodra die webtuiste eersdaags van stapel gestuur word.
The Stone Folk, deur die kunstenaar Ryno Greeff, is in die Ongeluksloot-landskap op die plaas Doornberg.
Dan is daar in die voorbladberig oor die stormskade in Nieu-Besthesda na Ganora-gasteplaas verwys as Gamora. Laat mens bietjie aan Sodom dink en dit was glad nie die bedoeling nie!
Jammer vir die blapse. (Ilse Schoonraad - waarnemende redakteur)
Van die klipbeelde in die Stone People-versameling naby Nieu-Bethesda.
Foto's: Gregg Price
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'