GRAAFF-REINET NUUS - Dit is weer tyd vir die NG Graaff-Reinet-gemeente se jaarlikse kermis – hul ‘Winterfees’.
Die Winterfees vind eerskomende Saterdag, 9 Junie, op die Botaniese Sportklub se terrein in Graaff-Reinet plaas en begin om 09:00 tot 15:00.
Baie eetgoed sal te koop wees met onder andere die gewone pannekoeke en kerrie-en rys wat beskikbaar sal wees.
Deurentyd sal daar ook ‘n vlugbalkompetisie en straatmyl gehou word.
Kom probeer ook die kerk se braaivleis met bykosse en basaarpoedings.
Daar sal ook heelwat tuisgebak, groot koeke, terte, beskuit en kleinkoekies te koop aangebied word.
‘n Teetuin gaan ook bedryf word waar Graaff-Reinetters kan ontspan met koffie of tee en ‘n soet- of southappie daarby.
Moet ook nie die immer gewilde kindertafel en kindervermaak area vergeet nie - hier sal heerlike lekkergoed vir die kleingoed verkoop word met gesigverf, springkastele, trapkarre, sandkuns en vele meer om hul besig te hou.
Vanjaar is daar ook ‘n vleistafel beskikbaar waar tuisgemaakte boerewors en allerlei vleissnitte teen billike pryse te koop sal wees.
Hierdie kermis is jaarliks ‘n fees en moet nie gemis word nie.
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 049 892 2422.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'