KAROO NUUS - Die N6 tussen Rouxville en Smithfield is tydelik gesluit vir verkeer na 'n ongeluk waarin voertuie aan die brand geslaan het.
Verkeerspersoneel en EMS-nooddienste is op die toneel.
Motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik. Die N1 oor Bethulie (grondpadroete) na Aliwal Noord, of alternatiewelik vanaf Bloemfontein na Wepener en neem die Zastron verbypad na die N6 by Aliwal Noord.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’