GRAAFF-REINET NUUS - Orgideë word gekenmerk aan hul unieke elegansie en besonderse skoonheid.
Ballades, liedjies en gedigte word aan hulle gewy, hul perfeksie word in kunswerke vasgevang en hulle word aangebied as sjarmante tekens van liefde en toewyding.
Gawie Rossouw, 'n inwoner van Graaff-Reinet, het Graaff-Reinet Advertiser genooi om in die skoonheid van sy Cattleya orgideë te deel.
Die Cattleya-orgideë is in 1816 ontdek en daarna in 1832 deur die Engelse botanikus, William Cattleya, benoem.
Daar is ongeveer 26 000 orgideë spesies in die wêreld, maar die Cattleya is verseker een van die heel mooiste lede van die orgideë-familie. Met haar helder, uniek gevormde blomblare en aangename aroma dra sy die kroon as “koningin van orgideë”.
Om orgideë te kweek is nie ‘n maklike taak nie, hulle is baie wispelturig en veeleisend om te versorg, maar Gawie het die kuns bemeester om hierdie plant, wat inheems aan die tropiese streke van Sentraal- en Suid Amerika is, hier in die Karoo te kweek.
Gawie vertel dat hy al in 1962 op die ouderdom van tien begin het om blomme saam met sy pa te kweek.
Hy kweek tans ‘n wye verskeidenheid blomme en kruie, alles vanaf saad, en wil graag in die toekoms ‘n tuinbou- en orgideë-vereniging stig sodat meer mense hierdie besonderse kweekkuns kan aanleer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'