Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die Morris Minor-eienaarsklub van Suid-Afrika het hul jaarlikse nasionale saamtrek vandeesweek in Graaff-Reinet gehou.
Altesame 85 lede landwyd het met hul ikoniese Morris Minors - 50 in totaal - in dié Karoodorp opgedaag vir 'n vyfdaglange saamtrek.
Die Oostelike Provinsie, waaronder Graaff-Reinet val, was vanjaar gasheer vir die jaarlikse hoogtepunt van dié klub wat al 76 jaar bestaan.
FOTOGALERY: Morris Minor-eienaarsklub daag in Graaff-Reinet op
Die klomp Morris Minor-eienaars gaan almal by Profcon tuis en die hoogtepunt van die saamtrek is op Woensdagaand wanneer die 'Concours'-byeenkoms aangebied word waar pryse in die verskillende kategorieë toegeken sal word.
Die klublede gebruik ook die geleentheid om die omgewing te verken en besienswaardighede te besoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'