GRAAFF-REINET NUUS - Enige Graaff-Reinet inwoner weet dat Kerstyd in die Karoo, spesifiek in Graaff-Reinet, nie dieselfde sou wees sonder die betowerend Kersliggies van Acaciastraat in Kroonvale nie.
Dié nie-winsgewende projek, geloods deur inwoners van Acaciastraat ten bate van die plaaslike kanker vereniging, is al in sy 20ste bestaansjaar.
"Twintig jaar het soos die spoed van lig verbygesnel," het gemeenskapslid Jacob Daniels aan die Advertiser gesê. "Die inwoners van Acaciastraat is steeds entoesiasties en vol vuur om saam met die gemeenskap, toeriste en vakansiegangers weereens 'n sukses hiervan te maak."
Inwoners hoef nie meer lank vir hierdie pragtige skouspel te wag nie: die liggies sal Sondag, 15 Desember, om 7.30nm vir 8nm aangeskakel word, en duur tot 1 Januarie volgende jaar. Tydens hierdie twee weke sal musiek, sang en opvoerings van 8nm tot 9nm aangebied word.
"Almal word genooi om hierdie projek finansieel te ondersteun deur bydraes in die kollektebussies in die straat te plaas," het Daniels bygevoeg. "Al hierdie fondse sal aan die Graaff-Reinet Kankervereniging oorhandig word, en ondersteun alle geregistreerde kankerpasiënte in Graaff-Reinet [en omliggende areas]."
In die Karoo ry Kersvader 'n fiets.
In short: What would Christmas in the Karoo be without the beautiful Christmas lights of Acacia Street in Kroonvale? Residents and visitors can witness the enchanting sight as soon as Sunday 15 December, when the lights will be switched on at 7.30pm for 8pm. The lights will be featured each night until 1 January, and visitors can expect live entertainment from 8pm until 9pm. All donations collected are in aid of the Graaff-Reinet Cancer Association.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'