GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het dié week hul tweejaarlikse Mnr en Mej Volkskool-geleentheid aangebied.
Soos gewoonlik was dié stylvolle aand 'n baie spoggerige geleentheid en is dit vanjaar met die tema van ‘Grease’ se musiek en dekor van die 60’s aan die skoolgemeenskap bekendgestel.
Die beoordelaars het Linda Lötter aangewys as Mej Volkskool, Zak van der Merwe as Mnr Volkskool, Tiané Lombard as die eerste prinses, Dieter Bertram as die eerste prins, Marichen Piek en Llewellyn Crewe-Brown as die tweede prins.
Die organiseerders bedank graag al die leerders wat deelgeneem het, die skoolgemeenskap wat dit ondersteun het, die beoordelaars wat hul tyd afgestaan het hiervoor en al die borge wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die geleentheid.
Llewelyn crewe-Brown, Dieter Bertram, Zak van der Merwe, Linda Lötter, Tiané Lombard en Marichen Piek.
Tiané Lombard, Linda Lötter en Marichen Piek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'