GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het dié week hul tweejaarlikse Mnr en Mej Volkskool-geleentheid aangebied.
Soos gewoonlik was dié stylvolle aand 'n baie spoggerige geleentheid en is dit vanjaar met die tema van 'Grease' se musiek en dekor van die 60's aan die skoolgemeenskap bekendgestel.
Die beoordelaars het Linda Lötter aangewys as Mej Volkskool, Zak van der Merwe as Mnr Volkskool, Tiané Lombard as eerste prinses, Dieter Bertram as eerste prins en Marichen Piek en Llewellyn Crewe-Brown as tweede prinses en prins.
Die organiseerders bedank graag al die leerders wat deelgeneem het, die skoolgemeenskap wat dit ondersteun het, die beoordelaars wat hul tyd afgestaan het hiervoor en al die borge wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die geleentheid.
Tiané Lombard, Dieter Bertram, Zak van der Merwe, Linda Lötter, Llewelyn Crewe-Brown en Marichen Piek. Foto: Prinsloo Photography INLAS: Die Mnr en Mej Volkskool-geleentheid is vanjaar met die tema van 'Grease' se musiek en dekor van die 60's aan die skoolgemeenskap bekendgestel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'