MIDDELBURG NUUS - Middelburg se naam en datum van stigting is nou weer duidelik leesbaar op die heuwel, Rooirantjies.
'n Groep entoesiastiese jongmense van Midros, Middelburg, het op Jeugdag opgedaag om die uitgepakte klippe teen die heuwel weer spierwit te verf.
Volgens Richard Jacobs, DA-raadslid van Inxuba Yethemba-munisipaliteit het hulle die taak in goeie gees voltooi.
"Daar was ongeveer 200 jeugdiges en ‘n paar ouers wat die jeugdagfunksie bygewoon het. Die doel van die funksie was om die jeug toe te laat om hul talente uit te leef en aan te moedig om aan sport en kunste deel te neem. Volgens Jacobs dra dit by tot die morele herlewing van die gemeenskap. "Ek is baie opgewonde oor die rol wat sport en die kunste in ons jongmense se lewe speel om dwelmmisbruik te bekamp," sê hy.
Richard Jacobs op sy gelukkigste, omring deur kinders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’