GRAAFF-REINET NUUS - Die dames mini-distrikte rolbalkompetisie is die afgelope naweek in Graaff-Reinet gespeel. Sewe distriksspanne en 16 individuele spanne het aan die kompetisie deelgeneem.
Midlands (wat bestaan het uit Graaff-Reinet, Middelburg, Cradock, Somerset-Oos en Jansenville) het tweede in die distrikte-afdeling geëindig.
By die individuele afdeling het Sonja Matthee, Charlene Colyn, Rina Kleynhans en Helene de Wet tweede geëindig en Erica Joubert, Laurraine Muller, Riana du Toit en Barbara van Zyl agtste.
Vrydag is die eerste wedstryd met 21 koppe gespeel, Saterdag twee wedstryde met 21 koppe en Sondag een met 21 koppe.
Die spanne per distrik wat deelgeneem het was Eastern Areas (twee spanne), Midlands (twee spanne), Gqeberha (PE) en distrik (drie spanne), NOD (twee spanne), Oos Londen en distrik (drie spanne), Frontier (twee spanne) en Ciskei (twee spanne).
Van links is: Laurraine Mulller, Barbara van Zyl, Erica Jourbert en Riana du Toit.
Van links is: Helene de Wet, Rina Kleynhans, Charlene Colyn en Sonja Matthee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'