CRADOCK NUUS - Hoër Landbouskool Marlow in Cradock se eerste tennisspan het na Grahamstad gereis om op 3 Februarie teen St Andrew’s College kragte te meet.
Van die begin af was die seuns in ‘n taai stryd gewikkel en ná afloop van die dubbelswedstryde was die twee skole, kop aan kop.
Dieselfde kompeterende spel is deur beide skole voortgesit in die eerste ronde enkels, maar Marlow slaag egter daarin om vyf van die agt enkelspelwedstryde te wen. Na afloop van die enkels het die seuns oorkruis enkelwedstryde gespeel en Marlow wen ses uit agt van hierdie wedstryde.
Marlow wen uiteindelik die kragmeting met 13 - 7.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’