KAROO NUUS - Charles 'Oubaas' Jordaan en sy vrou Elna het laas naweek lekker saam met ou vriende op hul plaas De Keur gekuier. Die plaas is teen die Brakrivier, tussen Middelburg en Hofmeyr.
"‘n Groep van die 1991-matrieks van Marlow wou na 30 jaar weer saamkuier," sê Charles. "Hulle het vanaf Burgersdorp, Bedford, Molteno, Middelburg en Somerset-Oos gereis om die dag by te woon.
"Baie stories is weer opgehaal en ons het heerlike herinneringe herleef."
Sommige het ook hul eggenote saamgebring en baie gou is daar plek gemaak vir ’n langtafelkuier in die tuin.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'