STEYNSBURG - Die inwoners van Marais Steynhuis in Steynsburg is behoorlik op 1 Januarie deur Desi en Anton Anderson bederf. Die twee het 'n nuwejaarsbraai vir die inwoners van die tehuis by hulle buitebraai gehou.
Inwoners het by die geselligheid aangesluit en dit behoorlik geniet en was almal dit eens dat die braaivleis en -broodjies 'n groot treffer was.
"Ons tehuis was besonder bevoorreg dat die vleis aan Marais Steynhuis geskenk was vir die braai," sê Coyla Southey, die mediese Suster van die tehuis.
Almal het die Nuwejaarsbraai by Marais Steyn-huis geniet en sommige het selfs 'n dansie of twee ingekry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’