KAROO NUUS - Donderdae is vir die inwoners van Marais Steyn Huis vir Bejaardes in Steynsburg, die heel lekkerste dag van die week.
Sommer van vroeg af gesels hulle in die gange en eetsaal oor die Donderdagmiddag se gebeure.
Sedert die aanstelling van sr. Coyla Southey by dié tehuis, is Donderdae geoormerk as leesdae. Teen een van dié tehuis se sonnige sitkamers skuil daar 'n uitgebreide biblioteek en kom inwoners na rustyd daar bymekaar vir die voorlesing uit 'n boek of die voordra van 'n gedig.
“Ons vind dat hierdie dae regtig help om die seniors te stimuleer. Dit gebeur gereeld dat een van hulle ‘n gedig saam voordra wat hulle uit hul kinderdae onthou.
Die personeel geniet ook die geleentheid, aangesien inwoners graag spesiaal ander klere gaan aantrek om in te skakel by ‘n spesifieke voorlesing,” vertel Desi Anderson, wat by die gesondheidsdienste wat die tehuis betrokke is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’