Update
KAROO NUUS - Jagter Chris de Lange (75) was op 'n jagekspedisie op 'n plaas buite Steytlerville laasnaweek, toe hy inmekaargesak het en later gesterf het.
Volgens polisiewooerdvoerder Sersant Majola Nkohli, was De Lange saam met sy neef in die berge buite Steytlerville op 'n jagtog toe die voorval Saterdag omstreeks 12nm plaasgevind het.
Gerugte op sosiale media dat 'n skietongeluk gelei het tot De Lange se dood is onwaar.
"Sy neef het na die naaste plaas gehaas om hulp te kry. Twee ure later is De Lange op die toneel dood verklaar," het Nkohli aan die Advertiser gesê. 'n Nadoodse ondersoek is die afgelope week in Graaff-Reinet gedoen.
Volgens Nkohli is De Lange aan natuurlike oorsake dood.
De Lange se familie het versoek dat die Advertiser nie 'n foto van hom publiseer nie.
Lees 'n vorige artikel: Skietongeluk nié oorsaak van jagter se dood
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'