GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Brand in Santaville in Graaff-Reinet op Oukersaand 24 Desember, omstreeks 22:00, is moontlik moedswillig gestig. Die brand het die inwoners, waaronder talle kinders, huis-en besittingloos gelaat.
Volgens Graaff-Reinet se polisiewoordvoerder Kapt. Bradley Rawlinson, voer die 76-jarige klaer aan die brand is in sy buitekamer in Langstraat gestig deur iemand wat hy ken. Dit het toe versprei na die bure se buitekamers. Die skade is sowat R30 000.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.
Wyk 14 raadslid, Joy Williams van die DA, doen ‘n beroep op inwoners om dringend hulp aan die mense te verleen.
“Hulle het alles verloor. Die nood is groot. Komberse, kussings, klere, kos… enigiets sal help. Kontak my asseblief by 071 335 7942 om donasies te maak. Ons sal enige hulp op prys stel.”
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'