GRAAFF-REINET NUUS — 'n Bekende inwoner van Graaff-Reinet, Malie Hayward, het Maandag (26 Junie) 90 jaar oud geword.
Hayward het dié mylpaal op Saterdag, 24 Junie, gevier.
“Met genade van Bo lei ek ‘n vol en geseënde lewe,” het die statige vrou, wat in 1927 gebore is, haar geheim uitgelaat.
Haar verjaardagviering was ‘n spesiale ontbyt in 'n saal by die Profcon Resort in Graaff-Reinet en het tientalle gaste wat uit vriende en familie bestaan het, dié geleentheid bygewoon.
“Dit was vir my ‘n groot vreugde om al my vriende en familie op my 90ste verjaardag by my te hê,” het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'