Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Laer Volkskool spog met ‘n dinamiese span personeellede onder die leiding van skoolhoof Deon Joubert.
Met die doel om die jaar op ‘n gesellige wyse af te sluit, sowel as mekaar beter te leer ken en te verstaan, is daar ‘n lekker spanbousessie vir die personeel gereël.
Daar is besluit dat al die personeel tydens ‘n rolbalkompetisie teen mekaar gaan meeding.
Die personeel het die geleentheid aangegryp om gesellig saam met mekaar te verkeer en het dit tonne pret op die rolbalbaan tot gevolg gehad.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'