GRAAFF-REINET NUUS — Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die onlangse Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe wat tydens die Bloemskou plaasgevind het.
Die leerders het weereens hul stempel op ruiterkuns in Suid-Afrika tydens dié byeenkoms afgedruk.
Die ruiters het deelgeneem aan die uitdunne vir die Kampioen van Kampioene-kategorie, wat 'n glansgeleentheid is waar die top agt ruiters (18 jaar en jonger) teen mekaar deelneem.
Zileke de Jager is gekies vir die top 8 in die 5-Gang finaal en het 'n algehele sewende plek in die finaal behaal.Zanki Botha het deurgedring na die top 8 in die 3-Gang finaal waar sy ook in die sewende plek geëindig het.
In die Suid-Afrikaanse Kampioenskap-klasse het Marichen Piek en Zanki Botha die volgende skitterende plasings behaal:
Marichen Piek het as die Suid-Afrikaanse Kampioen 3-Gang Ruiter 18 jaar en onder geëindig, terwyl Zanki as die Suid-Afrikaanse Kampioen 3-Gang Ruiter 14 jaar en onder aangewys is - sy is ook gekies as 'n reserwe Suid-Afrikaanse Kampioen 5-Gang Ruiter 14 jaar en onder. Zanki het dan ook 'n derde plek en twee vierde plekke in die Kinderryperd klasse 14 jaar en onder behaal.
Hoër Volkskool is baie trots op dié drie top ruiters en wens hul alle voorspoed toe met hul toekoms in ruiterkuns.
Zanki Botha.
Marichen Piek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'