GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het onlangs ‘n interskole boogskietkompetisie aangebied en 35 skuts van Hoërskool Daniël Pienaar en Kwagga-boogskietklub (Uitenhage), Susanna Fourie (Despatch) en Soul Point Archery (Jeffreysbaai) het na Graaff-Reinet gereis om deel te neem.
Die kompetisie het in die Botaniese Sportgronde se saal plaasgevind waar twee rondtes “Bull’s Eye” binnenshuis geskiet word.
Die uitslae van ons skuts is as volg:
Eerste Ronde
Meisies:
- Annelie Pieterse - goud 287/300
- Megan Hendrikse - silwer 271/300
Seuns:
- Freddie van der Mescht - goud 279/300
- Samuel Pieterse - silwer 276/300
- Lehan de Beer - brons 274/300
Tweede Ronde
Meisies:
- Annelie Pieterse - goud 289/300
- Mikha Enslin - brons 265/300
Seuns:
- Mathys Oberholzer - goud 285/300,
- Freddie van der Mescht - silwer 281/300
Algeheel
Beste meisie:
- Annelie Pieterse 576/600
Beste seun:
- Freddie van der Mescht 560/600
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'