GRAAFF-REINET NEWS - Montego Cares, 'n afdeling van Montego Pet Nutrition in Graaff-Reinet, het in Maart 2021 'n program van stapel gestuur waar onder meer sportklubs met twee liter plastiekbottels, wat dalk voorheen op die rommelhoop sou beland, vir hulself sporttoerusting kon aanskaf.
Sportklubs het die leë plastiek-bottels versamel en dan by een afsetpunt afgelaai waar hulle dit ingeruil het vir krediet om enigiets rakende sport aan te skaf.
Dit het onder meer klere, skoene, oefentoerusting, toernooifooie en oefenkampe ingesluit.
Verskeie sportklubs in die omgewing het die geleentheid aangegryp en 'n totaal van
38 775 bottels is teen Februarie 2022 bymekaar gemaak. Vandag staan die totaal op bykans dubbeld soveel.
Die bottels was voorheen slegs bestem vir die ashoop, maar maak nou 'n verskil aan talle lewens.
Die klublede was self verant-woordelik vir die bymekaarmaak, sorteer en stoor van die bottels. Sodra daar meer as 1 000 bottels was, het Montego met die hulp van nog 'n plaaslike besigheid, ISU Rommel, die bottels na die plaaslike herwinningstasie vervoer waar dit dan verder verwerk is.
Die inisiatief is goed ondersteun deur plaaslike sokker-, netbal- en rugbyklubs.
Die sokker-ontwikkelingsgroep Strike Force Development het met die bottels wat hulle ingesamel het, 'n sokkeroefenkamp deur die voormalige Bafana Bafana ster en kaptein, Ricardo Katza, aangebied.
Sportklubs het bottels versamel en onder andere ontwikkelingsprogramme met die geld aangebied.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'