Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het Wêreldboeke- en kopieregdag behoorlik gevier met leerders wat moeite gedoen het om soos 'n boekkarakter aan te trek.
Almal kon hul gunstelingboek saambring en dan ook 'n kleurvolle boekkarakter uitbeeld. Die grondslagfaseklasse het elk 'n spesiale besoeker ontvang om vir hulle 'n storie voor te lees.
Die intersenfase (bestaan uit die intermediêre fase en die seniorfase) het weer 'n leesperiode geniet. Ons hoop om sodoende die genot van lees te bevorder.
Fotogalery: Wêreldboeke- en kopieregdag by Laer Volkskool
Hier is 'n paar leerders en onderwysers in hul uitrustings.
Elri Pretorius het haar gunstelingboek met sprokies saamgebring.
Juffrou Laurin Curtin sê sy hoop die Wêreldboekedag sal help om die genot van lees onder leerders te bevorder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'