GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se leerlinge het verlede Vrydag pienk aangetrek om saam te val met kankerbewusmakingsmaand.
Om in pienk skool toe te gaan, is leerders aangemoedig om elkeen R5 saam te bring, wat vir die Graaff-Reinet-kankervereniging geskenk is.
In pienk vir kankerbewusmaking. Van links: Mine Coetzee, Eben Lotter en Luca du Plessis.
Merlin Kitchu glimlag skaam vir die kamera.
Mia en Ané Troskie het die oog gevang met hul pienk rokke.
'n Ry leerders van Laer Volkskool in hul pienk uitrustings. Van links: Lirie Beneke, Helen Grobbelaar, Annabel Kruger, Jaqline Swemma, Lone Boje en Layla de Beer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'