Video
GRAAFF-REINET NEWS & VIDEO - 'n Kind se kreatiwiteit ken geen perke nie, kyk net vir Asherville, Graaff-Reinet se vlieër-bouers, Sabastiano Oermeer (7) en Romeo Basson (7).
Dié twee vriende, wat in dieselfde straat woon, hardloop graag die strate van hul buurt op en af met vlieërs wat hulle self gemaak het.
"Ons maak hom uit garing en papier of plastic ," vertel klein Romeo. Sabastiano sê hulle kan driehoekige of vierhoekige vlieërs maak. "Ons kan ook stok kites maak," vertel hy trots.
Romeo het aan die Advertiser demonstreer hoe om die tuisgemaakte vlieërs in die lug te kry. "Sussie, jy hardloop dan gat' hy op en op en op." Die seuns en hul vlieërs kikker beslis enige dag op in die strate van Graaff-Reinet.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'