GRAAFF-REINET NUUS - Marquin Pienaar is as Kroonvale Primêr se tweede jaarlikse debutantebal-wenner aangewys.
Die leerders het Saterdagaand, 12 Oktober, die geleentheid gehad om te spog met die mooiste klere, asook om hulle danspassies uit te voer. Dit was werklik 'n aand van sterre.
Johndray Pienaar was tweede, met Darion Jooste derde.
Finaliste is reeds sedert die begin van die skooljaar aangewys. Ouers en voogde het hard gewerk aan die groot aand met die doel om fondse in te samel vir die voltooiing van die nuwe skoolsaal.
Onderwyser Tian van Rensburg sê die aand was 'n reuse sukses, danksy almal se toewyding.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'