GRAAFF-REINET NUUS - Op Vrydag, 26 Oktober, word daar ‘n fondsinsameling, met die tema, Denim & Diamonds, deur die Laer Volkskool OOV gehou.
Die OOV beplan ‘n gesellige kuier en dans in die skool se nuwe busstoor (langs die skool se klubhuis, Die Kewertjie).
Kaartjies beloop R120 per persoon en is by die skoolkantoor beskikbaar.
Kaartjies sluit ‘n braaipak en bykosse in - diegene wat dit bywoon kan hul eie drinkgoed en glase saamneem.
‘n Veiling van verskeie items, waaronder ‘n paar bottels besonderse wyne ensomeer, sal ook tydens die aand gehou word.
Trek dus jou denim, diamante en dansskoene aan en ondersteun die Laer Volkskool OOv in dié inisiatief!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'