GRAAFF-REINET NUUS - Ons is almal diep bekommerd oor die heersende droogte.
Damvlakke is krities en ten spyte van die reënbuie wat onlangs uitgesak het, word daar dringend goeie opvolg reën en reën om ons dam vol te maak benodig.
‘n Gesamentlike biddag vir reën word vir Woensdag, 21 Februarie, in Graaff-Reinet beplan.
Die geleentheid sal in die kerkgebou van NG Graaff-Reinet om 13:00 plaasvind.
Alle Graaff-Reinetters word aangemoedig om dankie te kom sê vir die reën wat reeds geval het, asook om saam te bid vir die droogte wat die hele land tans raak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'