GRAAFF-REINET NUUSFLITS - 'n Kind het vroeër vandag na bewering in die Nqwebadam naby Graaff-Reinet verdrink.
Die polisie is omstreeks 16:00 na die toneel ontbied.
Die presiese omstandighede rondom die verdrinking is nie op die oomblik bekend nie.
'n Soektog wat vanmiddag van stapel gestuur is het voor donker nog geen resultate opgelewer nie.
Die soektog sal met eerste lig môre oggend weer voortgesit word.
Die Advertiser sal verder hieroor berig sodra meer inligting beskikbaar is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'