HOFMEYR NUUS - Die bekende koraalpienk kerkgebou was onlangs met vreugde gevul tydens die eerste Kerssang-diens sedert 2016.
Die plaaslike kerkkoor kon ook weer optree. Die kleinspan is genooi om deel te neem, en het kers in die hand saam met Josef en Maria, gespeel deur Rick Downey en Suné van Heerden, ingestap in die kerk.
Die diens is waargeneem deur ds. Marius Barnard, en Thaleen Burger het die gedig Maria deur Elizabeth Eybers voorgedra.
Albertjie van Heerden het as tromspelertjie diens gedoen, terwyl Elmien Downey die trompet meesterlik gespeel het.
Poppie en Willem van Heerden het die koor afgerig en dié koor tree ook volgende week in die NG Kerk Steynsburg op.
Na afloop van die diens is daar ouderge-woonte 'n heerlike ete in die kerksaal genieten almal jonger as 13 het 'n Kersgeskenk ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'