GRAAFF-REINET NUUS — Die AGS Kairos Bediening in Spandauville, Graaff-Reinet, het die pas afgelope Sondagaand 'n geslaagde Kersdiens aangebied.
Die diens is jaarliks 'n hoogtepunt op die kerk se kalender en het dit plaaslike inwoners in groot getalle getrek.
Dit was 'n sangdiens waar jonk en oud deel was en opnuut weer na die geboorte van Jesus gekyk het.
Na afloop van die diens is daar ‘n lekker ete aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'