REDAKTEURSKOLOM - Dit is menslike natuur om te wil hê dat ander mense saam met ons moet stem.
Ons wil almal reg wees en mense wat nie dinge sien soos jy nie, maak 'n byna onbeheerbare drang in 'n mens wakker om hulle daarvan te oortuig dat hulle verkeerd is en jy reg.
Ons almal doen dit, of dit nou met ons familie, vriende, kennisse of totale vreemdelinge is.
Die slegte ding oor dié eienskap van die menslike natuur, is dat dit neig om onvolwasse, kortsigtige en geensins medelydend te wees nie.
Nie een van daardie eienskappe is bevorderlik vir gesonde kommunikasie nie, en nêrens is dit meer duidelik as in die nie-so-dapper nuwe wêreld van tegnologie nie.
Ons is almal deur die parmantige verkoopsman, aggresiewe Facebook-inskrywing, die entoesiastiese bekeerling of die oorlogsgetroue sameswerings-teoretikus wat net nie sal stilbly nie, geviktimiseer.
In die ou dae het jy jou voordeur net gesluit, die foon neergesit of bloot net weggestap.
In dié dae van e-pos en sosiale media is dit nie meer so eenvoudig nie. Dit word moeiliker om weg te loop, en soos vasgekeerde, gewonde diere, veg ons dan verwoed terug, en dan word dit lelik.
Hier is die ding: (hetsy ons nou met iemand persoonlik praat of kommentaar lewer op 'n Facebook-inskrywing)
As ons probeer om iemand dinge uit ons perspektief te laat sien, gaan ons nie hul oë oopmaak deur hulle op die kop te klop met 'n krieketkolf nie - of dit nou 'n werklike of denkbeeldige een is.
Beledigings, foutiewe logika en die waarheid aanpas om jou eie doel te pas, is krieketkolf-metodes.
Ons moet terugkeer - of moet ek sê ontwikkel - na 'n plek waar ons gemaklik na 'n opponerende standpunt kan luister sonder om verplig te voel om iemand te probeer regstel, waar ons verseker in ons eie sienings kan wees en steeds ordentlik kan wees teenoor diegene met wie ons nie saamstem nie.
Hoekom? Spreuke sê dalk die beste: "'n Verontregte broer is meer ontoeganklik as 'n gewapende stad; 'n rusie is soos die balk wat deure toesluit."
Sodra iemand verkeerd opgevryf is, is hulle minder geneig om hul gedagtes oor iets te verander.
Kom ons word groot en beweeg verby die krieketkolf-metode om mense te forseer om dinge te sien soos ons dit sien, en begin eerder met die gebruik van meer effektiewe tegnieke, soos om te luister, nie te oordeel nie en verseker te wees in ons eie oortuigings dat ons nie bedreig voel deur meningsverskille nie.
Vrae is slegs 'n bedreiging in sekere situasies. Ons moet nie deur vrae bedreig voel nie. Uitgedaag, ja, bedreig, nee. As ons deur 'n vraag bedreig voel, is dit tyd om terug te stap en ondersoek in te stel oor waarom jy so voel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'