GRAAFF-REINET NUUS - Die seun van Ricardo Smith, Raadslid van Wyk 2, is Saterdagaand, 30 September omstreeks 19:00 in ‘n tref-en-trap ongeluk oorlede.
Cohen Marries (23) is op die hoek van Vink- en Oosstraat deur die bestuurder van ‘n wit KIA-voertuig getref.
Volgens Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie het die bestuurder nie by die ongelukstoneel gestop nie, maar het die persoon homself later by die Graaff-Reinet-polisie aangemeld en oorgegee.
Die 40-jarige bestuurder verskyn vandag, 2 Oktober in die Graaff-Reinet-landdroshof op aanklag van mansslag.
Die Graaff-Reinet Advertiser het vandag met Smit gesels en begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’